Als ze die assistent te pakken krijgen, is ie zuur
"Brussel. - Die Mexikaanse griep wat talle lande tans teister, kom heel moontlik uit ’n laboratorium.Volgens verskeie Amerikaanse en Europese media meen wetenskaplikes dat die jongste Mexikaanse griepvirus, amptelik bekend as A(H1N1), van die vroeë jare vyftig dateer en in ’n laboratorium bewaar is. Op die een of ander manier het dit – waarskynlik in 1977 – uit die laboratorium ontsnap, dalk deur die onsorgvuldigheid van ’n assistent.
Die wetenskaplikes wat die saak oopgevlek het, drr. Shanta Zimmer en Donald Burke van die Pittsburgh-universiteit, skryf in die jongste uitgawe van die New England Journal of Medicine die A(H1N1)-virus was in die eerste helfte van die 20ste eeu taamlik algemeen. Die Spaanse griep van 1919 was van dié familie. Dit is vir die eerste keer by ’n vark-landbouskou in Amerika opgemerk.
In die jare 1947-’57 het ’n A(H1N1)-variant opnuut vir ’n wêreldwye pandemie gesorg, maar toe was die wetenskap ver genoeg gevorder om die lewensverlies te beperk. Die virus het trouens ’n verdere 20 jaar lank uitgeroei gelyk.
Enkele A(H1N1)-virusse is wel bevrore in laboratoriums bewaar – tot in 1977, toe die virus toegeslaan het in Hongkong, China en Rusland. Sommige wetenskaplikes reken die virus het moontlik uit ’n Russiese of Chinese laboratorium ontsnap. “Ondersoek van die genetiese oorsprong van daardie virus wys dit was nou verwant aan die stam van 1950, maar verskil van stamme uit 1947 en 1957. Dit dui aan dat die uitbreking van 1977 te wyte is aan ’n virus wat sedert 1950 bewaar is.”
Ouer mense wat voor 1957 aan ’n variant van die virus blootgestel is, is meer weerstandig as jonges.Dit is nie bekend uit watter laboratorium die virus kom nie. ’n Deel van die gene van van die huidige Mexikaanse griepvirus stam regstreeks af van die griep van 1919, volgens Zimmer en Burke. Intussen het dit “minstens vier keer” met ander griepvirusse saamgesmelt."
03-07-2009 03.44 | Door: Stommeling Jones
Reacties
Het reactieveld bij dit onderwerp is gesloten. Mocht u nog iets aan de discussie toe te voegen hebben, dan kunt u reageren via reacties@opinieleiders.nl of op het Opinieleidersforum.